Tolhekke is nie sinvol in die Namibiese konteks nie

Die Padfondsadministrasie sê die implementering van ‘n tolstelsel is nodig om sy finansieringsgaping aan te spreek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê hulle sal binnekort slegs 60 persent van die vereiste paaie-instandhouding oor die volgende vyf jaar kan finansier. Geïdentifiseerde moontlike tolpaaie kan volgens hom sowat 5,8 miljard Namibiese dollar se inkomste genereer. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smith, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor hul kommer oor ‘n tolstelsel.