Tolgeld: EFF boos oor Lesufi se ommekeer
Die EFF in Gauteng sê tien maande nadat premier Panyaza Lesufi beloof het om individue te vergoed wat e-tolgeld betaal het, beweer hy dat hy nooit so ʼn belofte gemaak het nie. Die party se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê Lesufi het egter in Januarie verlede jaar in ʼn radio-onderhoud gesê meer as 6,9 miljard Suid-Afrikaanse rand is nodig om die geld terug te betaal. Hy sê die premier het slegs belang gestel in sy leierskap, self-beloning en om inwoners se probleme vir sy verkiesingsveldtog te gebruik: