Tol-fooie terug in die nuus met Ipinge se kommer oor brandstofheffings
Geteikende tol-fooie word deur die Padfondsadministrasie ondersoek as ‘n moontlike finansieringsoplossing vir die land se padinfrastruktuur. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê aanpassings aan brandstofbelasting en voertuiglisensies sal net korttermyn-verligting bied. Die administrasie erken dat toenemende koste vir motoriste ongewens is, maar beklemtoon die belangrikheid van die land se padnetwerk, wat noodsaaklik is vir ekonomiese groei en ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Ipinge gesels, wat daarop wys dat die sektor besig is om te verander en brandstofheffings kan oor 10 jaar nie meer bestaan nie.