Tokio sal Mosambiek teen ISIS bystaan

Japan se eerste minister, Fumio Kishida, sê Tokio sal Mosambiek help om Islamitiese opstandelinge in die rustige noorde teen te werk. Mosambiek se gasryke noordelikste provinsie, Cabo Delgado, sukkel met ‘n opstand wat met die Islamitiese Staat-groep verbind word. Sekuriteit is volgens hom deurslaggewend vir die bedryf van Japannese maatskappye in die noorde van Mosambiek. Die land het sy hoop gevestig op groot gasbronne, die grootste wat suid van die Sahara gevind is, en sou dit ontgin word kan Mosambiek een van die wêreld se top-tien gasuitvoerders word. Maar, die vyf jaar lange opstand, waarin meer as 4 600 mense dood is, het twyfel oor die skema laat ontstaan.