Toilettekorte weer in die NV

McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement, het die kwessie van openbare ontlasting weer na die Nasionale Vergadering geneem en medewetgewers aangemoedig om swak sanitasie landwyd aan te spreek. ‘n Mosie hieroor is onlangs in die NV aangehoor. Gesondheidsminister Kalumbi Shanghula het geantwoord dat die situasie verbeter het, maar daar moet meer navorsing oor die probleem gedoen word, aangesien die data verouderd is.