Toewysing van huise in SA gaan binnekort digitaal geskied

Die Suid-Afrikaanse departement van menslike nedersettings sê die toewysing van huise gaan binnekort gedigitaliseer word, sodat die publiek hulle status kan dophou. Die departement sê dit is om deursigtigheid aan te moedig en om korrupte bedrywighede in die toekenning van behuisingsgeleenthede uit te skakel. Die regering gaan programme herrangskik ten einde te fokus op die opgradering van informele nedersettings, geïntegreerde woon-ontwikkelings en die aansienlike vermeerdering van bekostigbare huurbehuising-voorraad. Die departement gaan ook die uitreiking van titel-aktes regoor die land versnel.