Toestroming van Angolese kniehalter Omusati

Die toenemende toestroming van immigrante uit Angola na die Omusati-streek wek groot kommer. Terwyl baie Angolese voedseltekorte en ekonomiese ontberinge vlug, worstel die streeksinwoners met dieselfde uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur Erginus Endjala gepraat. Hy sê beheer van die situasie is uiters moeilik en daar is erge druk op hulpbronne.