Toestande in tronke moet verbeter, almal het ‘n reg, selfs agter tralies

Die erge toestande wat in die land se polisieselle en tronke heers is weer in die nuus nadat die PDM parlementslid, Inna Hengari, gesê het korrektiewe dienste se fasiliteite is gevaarlik vir gevangenes. Veral polisieselle is oorvol, daar is swak instandhouding, en lang periodes van aanhouding en die herhaalde uitstel van sake vererger die situasie. Kosmos 94.1 Nuus het met ombudsman Basilius Dyakhuga gepraat, wat in sy 2022-jaarverslag die toestand van aanhoudingselle en tronke beskryf het. Dyakhuga sê daar moet opgetree word, want almal het ’n mensereg, selfs agter tralies.