Toeriste moet Hawaii se woude help beskerm  

Die regering van Hawaii oorweeg wetgewing wat sal vereis dat besoekers vir ‘n kaartjie sal moet betaal om staatsparke te besoek. Die Demokratiese goewerneur Josh Green sê die geld wat so ingesamel word, sal gebruik word om die woude en natuurlewe in die gebied te beskerm. Hy sê die instelling van ‘n jaar lange lisensie sal daartoe lei dat meer as tien miljoen toeriste sal help om die omgewing te beskerm. Die prys van die lisensies moet nog afgehandel word. Dié stap sal ‘n aansienlike uitwerking op toerisme hê.