Toeriste moenie net uitkyk vir sakkerollers nie, daar’s kuberveiligheid ook

Die Cisco-tegnologiemaatskappy sê die meeste reisigers is waaksaam oor sakkerollers en toerisme-swendelary, maar hulle moet ook hulle kuberveiligheid in ag neem. ‘n Kubersekerheidspesialis, Kabelo Letsoalo, sê vakansies bied ook geleenthede vir kubermisdadigers om mense onkant te betrap. Dit help om bewus te wees van algemene aanvalle en hoe om dit te vermy, om veilig te bly en ‘n af-tydjie te geniet: