Toerismeraad pas sy mandaat aan

Die hoof uitvoerende beampte van Namibiese Toerismeraad Digu Naobeb sê die raad beplan om sy mandaat van regulatoriese funksies na bemarking te verskuif om die Namibiese toerisme-sektor internasionaal te bevorder. Naobeb sê die toerisme-ministerie het navorsing gedoen om ‘n nasionale groei-strategie te ontwikkel. Een van die sleutel-bevindinge met betrekking tot die NTB is dat dit na ‘n bemarkings-organisasie verander moet word en wegbeweeg van regulatoriese funksies. Hy voeg by die bevindinge is uiteengesit in ‘n dokument wat deur die kabinet goedgekeur is en in die parlement ter tafel gelê is.