Toerismeraad ontken N$60 000 is bestee aan kostuums

Die Namibië Toerismeraad ontken dat 60 000 Namibiese dollar bestee is aan kostuums vir die president, presidentsvrou en visepresident wat die Etotha-karnaval bywoon. Dit kom na bewerings hieroor op sosiale media en in plaaslike media versprei is. Die Etotha-karnavalfees vind tot 1 Julie by die Kangonde-soutpan in die Oshikoto-streek plaas. Die raad se uitvoerende hoof, Bonnie Mbidzo, sê dat die bedrag wat aan advertensies bestee is binne hul begroting. Hy sê die raad bestee net waarvoor begroot is, en enige ander bewerings is misleidend en onakkuraat.