Toerismeraad gaan lugrederye na Namibië lok

Die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, Bonnie Mbidzo, sê die belangstelling in die land by internasionale toerisme uitstallings het hulle laat besef dat direkte lugverbindings van uiterste belang is. Hy sê hulle het ‘n besliste en doelbewuste besluit geneem om seker te maak dat hulle lugrederye uitlok om na Namibië te kom. Hy het verwys na die Africa Connect-projek wat deur die Namibië Lughawensmaatskappy geloods is, in samewerking met onder meer die Toerismeraad. Mbidzo het aan Kosmos 94.1 Nuus meer van hulle planne met die projek vertel.