Toerismeherstelplan kom vir Namibiese toerismesektor

Die Namibiese toerismeministerie het ‘n konsepherstelplan vir die Namibiese toerismesektor van 2022 tot 2024 opgestel om strategieë vir die herstelproses te implementeer. Landwye konsultasievergaderings sal in al die streke gehou word wat op 23 November op Swakopmund in die Erongo-streek sal afskop en in Desember in die Khomasstreek sal eindig.