Toerisme tel op

Die jongste syfers met betrekking tot plaaslike toerisme vertoon al hoe beter. Op die oomblik is die syfers vir die tweede kwartaal van 2021 op dieselfde vlak as die syfers vir 2014. Daar is verdere groei wat voorspel word met sommige ontleders wat dit rondom 4 persent plaas en ander rondom 2,5 persent. Namibia Wildlife Resorts het nes alle rolspelers in die sektor, ook groot uitdagings gehad. Die NWR se woordvoerder Nelson Ashipala sê dinge raak al hoe meer bedrywig.