Toerisme-syfers vertoon goed, wil voorkom soos 2019 s’n

Namibië se spits-toerismeseisoen duur van Julie tot September, en die amptelike syfers van die aantal toeriste wat die land in die tydperk besoek het is nog nie bekend nie. In die lig van verwagtinge dat die toerismesektor goed aan die herstel is na die rampspoedige Covid-19 inperkings, het Kosmos 94.1 Nuus vir Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gevra wat die woord in die bedryf is oor besoekersgetalle.