Toerisme-sakeraad verwelkom Witskrif oor Toerisme-ontwikkeling

Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika verwelkom die nuwe Witskrif oor Toerisme-ontwikkeling, wat die 1996-weergawe vervang. Die Witskrif is nou vir openbare kommentaar deur die kabinet goedgekeur. Die uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, het in gesprek met Newzroom Afrika gesê die Witskrif bevorder transformasie en sal aandag skenk aan sleutelkwessies, insluitend verbeterde markintelligensie, tegnologie en vaardigheidsontwikkeling om toerisme te verbeter.