Toerisme op pad na herstel: Shifeta
Die toerismeministerie het die Jaarlikse Toeriste Statistiese Verslag vir die jaar 2023 bekendgestel. Die verslag is ‘n omvattende samestelling van data en insigte wat verband hou met toerismeneigings, besoekersaankomste en ander sleutelprestasie-aanwysers, wat deurslaggewend is om die beplanning en ontwikkeling van die bedryf te rig. Toerisme-minister Pohamba Shifeta sê internasionale toeristeankomste het met 87,4 persent toegeneem van 461 027 in 2022 tot 863 872 verlede jaar. Shifeta het by die bekendstelling die belangrikheid van toerismestatistieke beklemtoon.