Toerisme-kenner reageer op nuwe ontwikkeling in Kavango Oos
Die Hambukushu-gemeenskap sal binnekort die implementering sien van ‘n lodge-konsessie wat vir die Kavango-Oos-streek geoormerk is. Die konsessie, wat in die Tender Bulletin geadverteer is, wil ‘n luukse tent-lodge op die been bring met 25 kamers en 50 beddens, met kampeerplekke en relevante aktiwiteite, insluitend kanovaart op die rivier. Kosmos 94.1 Nuus het met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, gesels oor wat dit vir die omliggende gemeenskap beteken.