Toerisme is terug in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê dis wonderlike nuus dat die 2022/2023-plesiervaart-toerismeseisoen rekordhoogtes bereik het. Cruise Cape Town het die afgelope seisoen, wat verlede jaar Oktober begin het en die einde van die maand eindig, 145 000 bootpassasiers en 42 000 bemanningslede in die stad verwelkom. Wenger sê plesiervaart-toerisme het ‘n jaarlikse ekonomiese impak van 300-miljoen-rand en ondersteun duisende werksgeleenthede in die provinsie: