Toerisme-innovasie uitdaging wil jeug bemagtig

Die 6de Afrika Jeug in Toersime-innovasie uitdaging het in die hoofstad begin. Die tema is entrepreneurskap en inter-Afrika handel. Die uitdaging bied innoverende jeug in die reis- en toerisme-bedrywe wat op soek is na befondsing, vennootskappe en mentorskap, geleenthede om hul projekte aan die wêreldmark bekend te stel. Die uitvoerende direkteur van die toerismeministerie, Seimy Shidute, het by die geleentheid gepraat en sê daar is ‘n behoefte om jong entrepreneurs te help ontwikkel.