Toerisme het kommer oor M-pokke

Vanjaar se toerisme-piekseisoen het sterk prestasie getoon, met 49 534 passasiersaankomste wat in Julie aangeteken is, die hoogste sedert Oktober 2023, hoewel steeds onder 2019-vlakke. Volgens Simonis Storm se gasvryheidstatistieke-verslag was die nasionale besettingsyfer in Julie 59,7 persent, wat effens laer was as in Julie verlede jaar, maar soortgelyk aan Julie 2019. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê alles lyk positief vir die sektor, maar hulle het groot kommer oor M-pokke berigte in die buiteland.