Toerisme en tegnologie: Namibië het unieke voorsprong

Tegnologiese tendense in toerisme is aan die toeneem. Kunsmatige intelligensie kan vakansiegangers help om hulle eie reisplan saam te stel. Sekere lande is al so ver om biometriese data te gebruik om vakansiegangers oor hul grense te kry. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê Namibië is nie ver agter nie, maar ons unieke manier van omgang met mense maak die land steeds ‘n aantreklike bestemming.