Toerisme bring werk na landelike gebiede

Namibië se toerismebedryf speel ‘n beduidende rol en  verskaf werksgeleenthede aan meer as 57 571 mense vanaf 2022. Dit kom neer op ongeveer 7,9% van die totale arbeidsmag in die land.  Toerisme is veral belangrik vir die skep van geleenthede in landelike gebiede, wat uit bewaringsgebiede bestaan en waar toerismebedrywighede geleë is. Die Bank van Namibië en NUST het ‘n openbare lesing aangebied oor “Ontsluiting van geleenthede vir landelike en informele sektorontwikkeling deur finansiële insluiting” by die NUST Eenhana-satellietkampus. Johannes !Gawaxab, die goewerneur van die Bank van Namibië, het ‘n uiteensetting van toerisme in landelike gebiede gegee.