Toeris beroof op Swakopmund

Ten spyte van herhaalde beroepe dat toeriste in vrede gelaat word, na verskeie rooftogte wat aangemeld is, is ‘n 58-jarige Duitse toeris Saterdag op Swakopmund beroof. Die Erongo-polisie sê die vrou se rugsak is van haar rug afgesny. Die rower of rowers het met ‘n onbekende hoeveelheid euros en Amerikaanse dollar weggekom, sowel as plaaslike kontant, en twee selfone. Die waarde word op net meer as 65 000 Namibiese dollar beraam. Daar is geen leidrade nie en die ondersoek duur voort.