Toenemende voorkoms van vuurwapens in Kaapstad wek kommer
Die Stad Kaapstad sê gekombineerde pogings deur die Metropolisie en Wetstoepassingsdepartement het ʼn aansienlike toename meegebring in beslaglegging op vuurwapens, ammunisie en dwelms. In vergeleke met verlede haar is op 34-persent meer vuurwapens beslag gelê. In 2023/2024 is beslag gelê op 325 vuurwapens en 80 000 dwelmmiddels. Die stad sê plaaslike wetstoepassingsagentskappe is in staat om misdade te ondersoek om skuldigbevindings te bevorder en te help om die vrye vloei van onwettige vuurwapens en dwelms na gemeenskappe te bekamp.