Toenemende sake van kindermishandeling benodig ingrypingApril 28, 2023
Kindermishandeling het na vore getree die week met ‘n nege-jarige meisie wat deur haar grootouers aan ‘n boom vasgeketting is en nog een van ‘n ouma wat na bewering haar 12-jarige kleinkind herhaaldelik op sy liggaam gebyt het. Die Oshikoto-polisie sê gevalle van mishandeling van klein kinders neem in die streek toe en dit wek groot kommer. In ‘n ander voorval is ‘n 10-jarige seun uit die huis gejaag omdat hy een van die bokke wat hy versorg het verloor het. Terwyl die bok die volgende dag teruggekom het, was die kind tien dae lank vermis. Yolande Engelbrecht, geslagsnavorser by die Regshulpsentrum, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Sy sê kinders het ook die reg om mishandeling te rapporteer en so ook volwassenes. En sou iemand wat in ‘n beroep met kinders werk en nie kindermishandeling aanmeld nie, hulle ook vervolg kan word.