Toenemende rooftogte wek kommer

Die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie is ‘n mengsel van roof, verkragting, strafbare manslag en roekelose bestuur, sowel as dwelm beslagleggings. Roof wek kommer met verskeie inbrake by huise wat aangemeld is, sowel as twee gewelddadige, en gewapende rooftogte op straat. Ses gevalle van selfmoord is aangemeld en een veediefstalsaak van ‘n vark wat op Okombahe gesteel en geslag is. Dwelm-oortredings sluit dagga en Mandrax in met albei gevalle op Walvisbaai en die totale waarde rondom 13 000 Namibiese dollar. ‘n Werknemer by ‘n Outapi-shebeen is deur haar werkgewer verkrag na sy teruggeroep is na haar skof geëindig het.