Toenemende oproepe dat Yoon moet bedank

Die president van Suid-Korea Yoon Suk Yeol word konfronteer met toenemende beroepe deur sy party en die opposisie dat hy moet bedank nadat hy krygswet afgekondig het. Die president het gesê krygswet is nodig om die land se liberale demokrasie te beskerm teen magte teen die staat en teen Noord-Korea se kommunistiese magte. Lede van die Parlement het gestem om die verklaring nietig te verklaar. Die regerende People Power Party sê Yoon en sy hele kabinet moet bedank. Die hoofopposisie, die Demokratiese Party, sê hy sal begin om Yoon in ‘n staat van beskuldiging te plaas as hy nie onmiddellik uittree nie.