Toename in beurtkragfases ontbloot SA se gebroke toestand

RISE Mzansi sê president Cyril Ramaphosa se stelling dat beurtkrag binnekort iets van die verlede sal wees, kan nie verder van die waarheid wees nie. Ramaphosa het gisteraand in sy staatsrede gesê die plan om beurtkrag te beëindig, lei reeds tot minder gereelde kragonderbrekings. Die land gaan tans onder fase vier-beurtkrag gebuk. Makashule Gana van RISE Mzansi sê die land het gedurende Ramaphosa se presidentskap waarskynlik die ergste onder voortslepende beurtkrag deurgeloop.