Toelae is te min omdat armoede te hoog is
Maatskaplike toelae is volgens sommige kenners problematies omdat dit afhanklikheid bou. Die voedselbank het onder dieselfde kritiek deurgeloop. Daar is ander menings dat die vlakke van armoede so ekstreem is, en geleenthede so min is, dat die toelae noodsaaklik is vir mense om bietjie kos op die tafel te sit. Die regering bestee amper 6 miljard Namibiese dollar ‘n jaar in die toelae. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Homeless People’s Parliament Romanzo Steenkamp gepraat. Hy sê die fondse is hopeloos te min.