Toelaag maak ouer mense hoofde van huishoudings

’n Verslag van die Verenigde Nasies het aan die lig gebring dat 56,1 persent van huishoudings in Namibië gelei word deur mense ouer as 60 of mense met gestremdhede. Orben Muluti van die Nasionale Federasie vir Mense met Gestremdhede sê ‘n aantal van hul lede is primêre versorgers van hierdie gesinne vanweë hul toelaag van 1 400 Namibiese dollar Hy sê ook die toelae moet hoër wees, aangesien dit nie die lewenskoste weerspieël nie. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters, gepraat, wat sê hy voel jammer vir bejaardes en mense wat met gestremdhede leef wat vir kinders moet sorg met die bietjie wat hulle van die regering kry.