Toegang tot inligtingwet kry (uiteindelik) woema

Na die persvryheidstoekenning wat Namibië die afgelope naweek in Burkina Faso ontvang het vir die vryste pers in Afrika, blyk dit asof die wetgewing vir toegang tot inligting uiteindelik woema kry. Die wetsontwerp is reeds in 2022 deur die Nasionale Vergadering deurgevoer en lê sedertdien, na president Hage Geingob dit bekragtig het, by die kantoor van die prokureur-generaal vir wysigings. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, sê die dokument kom binnekort terug na die nasionale vergadering.