Toegang tot elektrisiteit is niks – wat van die koste?

Universele toegang tot elektrisiteit en skoon kookmetodes bly ‘n ontwykende doelwit vir Afrikalande, ook Namibië. Daar is ‘n dringende behoefte aan ingryping, aangesien Afrika se bevolking van 1,4 miljard na verwagting teen 2050 2,5 miljard sal bereik, wat tesame met stygende inkomste en verstedeliking, sal lei tot ‘n aansienlike toename in energievraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels wat sê toegang tot elektrisiteit is die minste van die bekommernisse.