Todd Greenberg nuwe uitvoerende hoof van Krieket Australië
Krieket: Krieket Australië het Todd Greenberg as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy is die 15de persoon wat die organisasie lei sedert dit in 1982 gestig is. Greenberg is die huidige hoof van die Australiese Krieketspelersvereniging en voormalige hoof van die Nasionale Rugbyliga. Hy sal in Maart oorneem wanneer Nick Hockley uittree. Greenberg sê die spel se vinnige groei wêreldwyd skep wonderlike geleenthede, maar ook uitdagings om seker te maak Australiese krieket bly onder die topspanne.