TN Mobile, MTC verlaag kostes tussen Botswana en Namibië

Die kommunikasie regulasie-owerhede van Botswana en Namibië het opdrag gegee aan die twee lande se mobiele en data operateurs om die kostes van oproepe en data tussen die twee lande te verlaag. Die poging mik om handel tussen die twee lande te versterk, en kom na ID-dokumente gebruik kan word om tussen die twee lande te reis. MTC het sy kostes met tussen 64 en 90 persent verlaag en TN Mobile tussen 62 en 94 persent. Dit geld vir oproepe in die lande, tussen die twee lande sowel as die koste van data en SMS-boodskappe.