TLU wil nie vir Senzo in landbou hê nie
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die aanstelling van die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, as waarnemende minister van Landbou. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Bennie van Zyl, sê die skuif laat die vraag ontstaan of sy aanstelling ‘n aanduiding is van ‘n permanente posisie, en of dit werklik nodig was om dié besluit te neem enkele dae voor die aankondiging van ‘n nuwe kabinet.