TLU SA staan Eskom-tariefverhogings teen

Die landbou-unie TLU SA sê hy is gekant teen Eskom se voorgestelde tariefverhogings omdat dit ʼn onaanvaarbare las is wat verbruikers nie behoort te dra nie. Die kragverskaffer het by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika aansoek gedoen vir ʼn tariefverhoging van 36,15-persent in die 2026-boekjaar; 11,81-persent in 2027; en 9,1-persent in 2028. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê voor enige tariefverhoging oorweeg word, moet Eskom eers sy struktuur omvattend hersien.