Tjongarero verdedig opknappingsvordering van stadion

Uutara Mootu, die hoofsweep van die Landless Peoples Movement, het in die Nasionale Vergadering vrae aan sportminister Agnes Tjongarero gestel wat verband hou met die ongedane opknapping van die Onafhanklikheidstadion. Dit kom nadat vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê het dat sy deur Tjongarero mislei is oor die vordering van die werk. Mootu het onder andere aan Tjongarero gevra wanneer sy gaan verskoning vra en bedank, en waarom sy die visepresident mislei het. Tjongarero sê sy het niks verkeerd gedoen nie.