Tjongarero moet waai – PDM-jeugliga

Die leier van die jeugliga van die Popular Democratic Movement, Maximalliant Katjimune, het President Hage Geingob aangeraai om óf die Namibiese jeugminister Agnes Tjongarero te vra om te bedank óf haar na ‘n ander ministerie te skuif. Katjimune het met alle respek gevra waarom bly die president jongmense minag deur Tjongarero as die jeugminister te hou. Katjimune sê die voortgesette besetting van Tjongarero in daardie portefeulje begin ‘n nasionale verleentheid word.