Titanic: Rose en Jack was idiote

Die beroemde deur wat Rose se lewe gered het in die trefferfliek Titanic is opgeveil vir 13,5 miljoen Namibiese dollar. Die aktrise in die hoofrol, Kate Winslet, het aan die deur vasgeklou nadat die skip gesink het in die rolprent uit 1997, met haar geliefde, Jack, gespeel deur Leonardo DiCaprio, wat stadig in die ysige see verkluim het. Baie mense het intussen gesê die deur was groot genoeg om beide van hulle te red. Daar word berig die regisseur van Titanic, James Cameron, het onthul hy het tientalle e-posse gekry waarin Rose selfsugtig genoem word, en Jack, ‘n idioot.