Tina Turner kry eie strokiesprentboek

Tina Turner se lewe en loopbaan vorm deel van ‘n nuwe strokiesprentboek wat deur TidalWave Comics uitgegee word. Volgens internasionale media, is die publikasie soos ‘n biografie met inligting oor haar kinderdae, haar uitdagings met haar voormalige man Ike, en haar sukses. Die publikasie is deel van die uitgewer se Female Force-reeks wat reeds publikasies oor Dolly Parton, Kamala Harris en Michelle Obama gepubliseer het. Turner herdenk môre haar 86ste verjaardag. Verlede maand is sy vir die tweede keer in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.