TikTok-kykers verstom oor nuwe koffieneiging

Al ooit gedink sprietuie sal goed saam met koffie pas? Die jongste aanlyn-sensasie is die ‘Scallion Latte’, propvol van hierdie spesifieke groente.

Foto: Freepik

Koffiedrinkers het nou sosiale media op hol met die verrassende ‘Scallion Latte’ wat vermoedelik van China af kom.

Dit behels ‘n koffie met ‘n swaar laag sprietuie bo op in die koppie – wat dit ‘n onkonvensionele krakerigheid gee.

Miljoene mense op TikTok het dit op die proef gestel met gemengde reaksies.

Een persoon het geskryf: “Het jy dit al probeer met tamaties in blokkies gesny en fyngedrukte avokado’s? Top met ‘n bietjie tajin-geursel en chaat masala. Wonderlik!!”

Om frikkadelle in koffie te doop is glo net so lekker… ‘n Kafee-eienaar in Xiamen sê wanneer jy jou frikkadelle geniet moet jy dit in boonste lagie melk van jou koffie doop.  

Dit kom omdat China se onafhanklike koffiewinkels intense mededingende druk van internasionale kettings soos Starbucks ondervind.

Dus, het hulle met meer onkonvensionele drankiespyskaarte vorendag gekom om hulle ‘n unieke voorsprong te gee.