Tiger Woods gaan nie voltyds na sport terugkeer

Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, het bevestig dat hy nie voltyds na dié sport sal terugkeer nie, maar sê hy wil steeds in sommige toernooie speel. Die 45-jarige Woods was in Februarie in ‘n motorongeluk en het sedertdien operasies ondergaan aan oop breuke aan sy laer regterbeen. Hy het ook beserings opgedoen aan sy voet en enkel. Woods het aan Golf Digest gesê dis ongelukkig nie ‘n realistiese verwagting om weer die sport se voorste speler te wees nie.