Tiger probeer weer die week in Skotland

Die 15-malige Major-kampioen, Tiger Woods, is hierdie week in aksie in Die Ope by Royal Troon in Skotland nadat hy verlede jaar se kompetisie weens ʼn besering misgeloop het. Die wêreld se voormalige nommer een wil die eerste keer sedert 2019 in een jaar in al vier Majors meeding. Die 48-jarige Amerikaner het nie vanjaar die halfpad-afsnypunt van die Amerikaanse PGA-kampioenskap en die Amerikaanse Ope gehaal nie en het sedertdien nog nie gespeel nie. Woods hou egter vol hy voel sterk genoeg om deel te neem. Brian Harman van Amerika is die verdedigende kampioen.