Tientalle flaminke vrek nadat vliegtuig hulle tref

Minstens 39 flaminke het gevrek nadat ‘n vliegtuig hulle in Indië se westelike stad Mumbai getref het. Die Emirates-vlug met meer as 300 passasiers het Maandagaand na die voorval veilig geland. Amptenare sê dit is nog nie duidelik of die voëls uit hulle gewone roete beweeg het en so in die pad van die vlug beland het nie. Die voorval het woede ontlok met omgewingskenners wat oordadige bouwerk die skuld vir die tragedie gee. Duisende flaminke migreer elke jaar na Mumbai, waar hulle ‘n paar maande in die stad se vleilande woon.