Tientalle dood in Israelse aanval op vlugtelingkamp

Minstens 33 mense, onder wie 21 vroue, is dood in ‘n Israelse lugaanval op ‘n vlugtelingkamp in Jabalia in noord-Gaza. Luidens ‘n verklaring van Gaza se Hamas-bestuurde regeringsmediakantoor het Vrydag se aanval ook meer as 85 mense gewond, sommige ernstig. Israelse magte beset die dig-bevolkte kamp by Jabalia reeds weke lank. Die direkteur van die al-Awda-hospital sê daar is ‘n oorweldigende instroming van gewondes. Ongeveer 400 000 mense is reeds vir meer as twee weke vasgekeer in die kamp met min kos of water.