Tienerswangserskappe lei tot babastorting

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê daar is ‘n toename in kinderverlating, met meer as 250 gevalle wat aangemeld is vanaf Oktober tot Desember verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die meerderheid het in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Wes-Kaap voorgekom. Oliphant beklemtoon pogings om bewusmaking oor seksuele gesondheidsregte te versprei om tienerswangerskappe uit te skakel en ondersteuning te bied. Sy sê onderwys-, berading- en aannemingsdienste is daarop gemik om tienerswangerskappe en kinderwelsyn aan te spreek: