Tienerswangerskappe dra by tot wanvoeding in Kavango Oos
Kavango Oos se gesondheidsdirekteur, Idah Mendai, vra vir dringende ingryping in die kommerwekkende toename in wanvoedinggevalle wat vanjaar in die streek aangeteken is, wat tot dusver 14 000 mense raak en 15 sterftes veroorsaak het. Volgens Mendai het die streek verlede jaar 2 716 mense aangeteken wat deur wanvoeding geraak is met 30 sterftes. Sy sê tienerswangerskappe dra by tot die hoë voorkoms van wanvoeding. Tieners kraam en los hulle kinders by hulle oumas wat sukkel met voedsame kos. Dus, meen sy, is daar ‘n behoefte om jong ma’s aan te moedig om by hul kleintjies te bly en selfs tot ‘n jaar te borsvoed.