Tienerswangerskappe bly ‘n kwelpunt

Die probleme rondom tienerswangerskappe was die week weer die fokuspunt nadat ‘n 19-jarige skoolmeisie haar pasgebore baba in ‘n kartondoos buite ‘n geslote dagsorgsentrum in Ondangwa gelos het. Sy het glo net ‘n veilige plek vir haar baba nodig gehad terwyl sy eksamen geskryf het. Die bure het die polisie ontbied en die baba is weggeneem, maar die meisie het teruggekeer om die baba te vind. Sy is nie in hegtenis geneem nie en is in dieselfde hospitaal as die baba opgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters oor die kwessie gepraat.